Elriza Janse van Vuuren

Arbeidsterapeut

Ek is gekwalifiseerd in Sensoriese Integrasie en het ‘n spesiale belangstelling in vroëe intervensie. Ek werk met baba’s en kinders tot op die ouderdom van 6 jaar. Spanwerk is vir my belangrik en ek skakel graag met ander spanlede (juffrou, pediater, speel- en spraakterapeute). Au pairs en oppassers is baie welkom om terapie by te woon saam met baba’s/kleuters. Opleiding word vir versorgers verskaf.

Wie vind baat by arbeidsterapie?

  • Baba’s wat sukkel om te slaap en om hulle self te reguleer.
  • Baba’s met ‘n ontwikkelingsagterstand (sit, kruip en loop later as verwag).
  • Kleuters/ kinders met sensoriese sensitiwiteit of soekende gedrag.
  • Kinders wat nie skoolgereed is nie.
  • Kleuters/ kinders met aandag en konsentrasie probleme.
  • Spesiale behoeftes soos outisme, CP, genetiese afwykings en visuele gestremdheid.

Cell: 083 292 5544

Email: elrizavanvuuren@gmail.com



bottom